(Die Tuin Dwergies se handtekeninge op hulle EP, Tuis Gekweek)
Hierdie week se gaste was die oorspronklike tradisionele Afrikaanse dwerg-musiek groep, Die Tuin Dwergies. Die manne het met Dawie kom gesels oor onder andere oor hoe hulle begin het as 'n band, hoe hulle self hulle eerste EP, Tuis Gekweek, by hulle huis opgeneem het, en oor Shakira en San-Mari van 7de Laan gesels...hehehe. Hulle het twee akoestiese liedjies opgevoer: "Sy SĂȘ" (vanaf Tuis Gekweek) en ook 'n eksklusiewe weergawe van "Glip Glip Vingers" (vanaf hulle opkomende album wat aan die einde van Julie 2010 vrygestel sal word).
(links na regs: Pieter, Jean, Dawie [aanbieder], Emile, Dawie)
As jy meer wil uitvind oor Die Tuin Dwergies, besoek dan hulle Facebook links:
Tuindwergies Artists: http://www.facebook.com/home.php?#!/dietuindwergies?ref=ts
Tuindwergies Artists: http://www.facebook.com/home.php?#!/dietuindwergies?ref=ts
Die Tuin Dwergies (fan page): http://www.facebook.com/pages/Die-Tuin-Dwergies/56037887454?ref=search
Building The Band hierdie week het gefokus op die mal zef futuristic groep, Die Antwoord. Dawie het gaan kyk waar alles begin het by The Original Evergreens, na Max Normal, na MaxNormal.TV, na The Constructus Corporation tot by Die Antwoord.
Dawie het ook met Garth van Marshall Music gepraat oor hulle winkel in Woodmead en hoekom hulle betrokke is by Totally South African.
To contact Marshall Music please visit: http://www.marshallmusic.co.za/
To contact Marshall Music please visit: http://www.marshallmusic.co.za/
Louis Janse Van Rensburg van Gardenlight Productions het met ons kom gesels oor band management en booking agencies.
Gaan kyk bietjie na Gardenlight Productions se Facebook bladsy vir meer inligting en word 'n fan! http://www.facebook.com/gardenlight
eF-eL het die aand afgeskop en musiek van Tree 63 was gespeel as ons Local Is Lekker Classic Track.
Bands and artists who want to get their music on to the show should send an e-mail to: totallysa2010@gmail.com
Lekker week, kom nou BAFANAAAAAAAAAAAA, high 5!!
No comments:
Post a Comment