Showing posts with label Straatligkinders. Show all posts
Showing posts with label Straatligkinders. Show all posts

Sunday, July 25, 2010

Episode 8: Van Coke Kartel

Van Coke Kartel - Handtekeninge
(Van Coke Kartel se handtekeninge op hulle nuutste album, Skop, Skiet en Donner se omslag)

Op Totally South African hierdie week was die SAMA bekroonde Afrikaanse rock groep Van Coke Kartel in die ateljee. Hulle het ook drie akoestiese liedjies kom opvoer in die Marshall Music Live Lounge ("Algehele Kontrole", "Skadu's Teen Die Muur" en "Voor Ons Stof Word" vanaf hulle album, Skop, Skiet en Donner).

Episode 8: Van Coke Kartel
(links na regs: Francois, Jason, Dawie [aanbieder], Wynand, Jedd)

Dit is ook binnekort daai tyd van die jaar...ja jy weet dit...Oppikoppi 2010 Sexy.Crooked.Teeth is hier. Dawie het met die hoof van Oppikoppi, Carel Hoffman gesels oor wat verwag kan word van hierdie jaar se fees. Ons het ook 2 kaartjies weggegee na die fees toe!

Splinter nuwe musiek van Straatligkinders was gespeel en Demo 1: Cozmic Fuzz het die Julie 2010 Demo Discoveries gewen. Baie geluk!

Augustus hier kom ons!!

Wednesday, July 21, 2010

This Week on Totally SA (25/07/2010)

Hierdie week gaan Dawie 'n onderhoud doen met Van Coke Kartel, PJ gaan julle vertel wie is Julie 2010 se Demo Discoveries wenner, Oppikoppi kaartjies word weggegee en ons gesels met Carel Hoffman van Oppikoppi.

Nuwe musiek van Straatligkinders sal ook gespeel word. Skakel in Sondag 20h00!!

Sunday, June 6, 2010

Episode 1: Straatligkinders


(Straatligkinders se handtekeninge op hulle Sweef Soos 'n Vuishou album)

Die eerste gaste op Totally South African was die Potch rock groep Straatligkinders. Hulle het met Dawie kom gesels oor hulle ervaringe as 'n Afrikaanse rock band in die Suid-Afrikaanse musiekmark en hoe hulle as band sekere belangrikke lesse geleer en steeds leer. Hulle het ook twee akoestiese liedjie opgevoer: "Avontuur Van 'n Hartbreek" (vanaf hulle album Bloeisels) en "Hande Wat Dra" (eksklusief vanaf hulle nuwe album Lank Lank Oorlede En Sesvoet Benede...beskikbaar Julie 2010). Links vir die videos van hierdie "In Studio Acoustic Session" sal binnekort beskikbaar wees...byt net vas...

Episode 1: Straatligkinders

(links na regs: Bouwer, Ruan, Louis [bestuurder], Dawie [aanbieder], Hein, Bennie)

Hier is solank links waar jy meer kan uitvind oor Straatligkinders:
Webwerf: http://www.straatligkinders.co.za/
Facebook (Gesigboek...hahaha): http://www.facebook.com/home.php?#!/straatligkinders?v=info&ref=ts


Musiek van Foto Na Dans, Arno Carstens, Jax Panik en Not My Dog was alles op die program gewees.


Dawie het ook met P.J. kom gesels waaroor Totally South African gaan, wat luisteraars kan verwag in die nabye toekoms, met Garth van Marshall Music gepraat oor hulle winkel in Woodmead en bietjie gehieme musiek industrie nuus gedeel...
To contact Marshall Music please visit: http://www.marshallmusic.co.za/


Bands and artists who want to get their music on to the show should send an e-mail to: totallysa2010@gmail.com


Wat het julle gedink van die eerste uitsending?
Lekker week, high 5!!

It all starts tonight...

Hi friends and fans of South African music!!

Tonight (06/06/2010) is the first Totally South African on TuksFM 107.2 at 20h00! Our featured band this week is: Straatligkinders. They tell us more about their experiences as a band and perform two acoustic songs for us (one exclusively from their brand new album launching in July 2010...and you get to hear the title of the new album first).

Dawie will also be in studio talking to P.J. about what the show is all about and tell you a little bit about the features that the show will have in the near future...

Thank you to Marshall Music for being the awesome sponsor for this show, Barney Simon for putting the wheels in motion, and J.D. Mostert for the production...

Tell your friends and tune in at 20h00!